CityRun Naval Hill bied op Vrydag 18 Maart sy tweede maanlig-aand aan waar deelnemers 5 km kan stap of hardloop.

Tydens die geleentheid word die fokus op orgaanskenking en wêreld-nierdag geplaas.

Dit is nie elkeen wat kan spog dat hy al gestap of gedraf het onder die volmaan in een van net vier natuurreservate ter wêreld wat deur ’n stad omring word nie.

CityRun Naval Hill se vrywilligers nooi Bloemfonteiners om die son oor Bloemfontein te sien sak en die stad se liggies te bewonder.

Elize-Marè Cilliers, woordvoerder van die Naval Hill CityRun, sê hierdie maanliguitstappie is die perfekte geleentheid vir spanbou of om as familie en vriende saam te stap.

Die sekuriteitsmaatskappy Bloemsec, wat hierdie jaar sy 20 ste bestaansjaar vier, sal ’n voertuig op die roete hê, asook gratis water uitdeel. Die roete sal op plekke verlig wees. Daar sal by elke kilometer-baken vrywilligers wees om deelnemers aan te moedig. ER24 se mediese dienste sal beskikbaar wees.

Eetgoed en artikels uit CityRun se klerereeks sal te koop wees.

Inskrywing kos R60 en registrasie kan van Saterdag (05/03) af tussen 07:30 en 08:30 gedoen word by die CityRun Naval Hill, by therunningedge.­co.za – klik op “events” en dan op dié geleentheid se plakkaat – asook net voor die wedloop.

  • Bel Cilliers by 082-414-4565 of Hannes by 081-362-7006

Dié maanliguitstappie bied die perfekte kans vir spanbou

You need to be Logged In to leave a comment.