Guardian and Angel hou jaarliks ’n Kersparty waar daar vir behoeftige gesinne in en om Bloemfontein kospakkies en geskenke uitgedeel word.
“Ons voorsien aan 512 gesinne kospakkies – dit sluit 215 pensioenarisse en 311 kinders in,” sê Hester Bekker van Guardian and Angel.
“Die mense woon in Bloemfontein, Windburg, Reddersburg, Edenburg en Brandfort.”
Tydens die Kersparty wat vanjaar op 17 Desember aangebied word, kry elkeen ’n ete, ’n kospakkie en geskenke.
“Ons vra dat die publiek hulle harte sal oop maak dat ons behoeftige mense kan help met die feestyd wat voorlê.
Sonder die publiek se ondersteuning kan ons dit nie doen nie.”
Die geskenkbokse word opgemaak uit badseep, ’n waslap of badspons, tandepasta, tandeborsel, blikkie reukweerder, pakkie koekies of lekker eetgoed. Alle nie-bederfbare kos is welkom.
“Elkeen kan gee wat op sy hart lê.”
Rig navrae by 068-21-76895 of stuur ’n e-pos na hesterbekker25@gmail.com.