Karin van Aardt (64) is Vrydag in 'n mes-aanval by Kaapstad dood.
Karin van Aardt (64) is Vrydag in ‘n mes-aanval by Kaapstad dood. FOTO: Verskaf

KAAPSTAD – Die onderwysgemeenskap in Bloemfontein is in rou gedompel oor die sinnelose moord van ‘n oud-onderwyser van die Laerskool Universitas (Tjokkies).

Karin van Aardt (64) en haar man, Herman, woon die afgelope tyd in Mbombela (Nelspruit). Hulle was op Vrydag 5 Desember in ‘n huurmotor op reis van die Kaapstad- Internasionale Lughawe na hul seun en sy familie in Vredenburg vir hul kleinkind se verjaardag.

By ‘n verkeerslig op die N2 naby Langa, het ‘n verdagte die motor se ruit stukkend geslaan en haar met ‘n mes gesteek terwyl hy haar handsak gesteel het.

Ná die insident het Herman haar na die naaste hospitaal gehaas waar sy aan haar wonde oorlede is.

Michael Coomans, afgetrede skoolhoof van Tjokkies sê op Facebook Van Aardt het die sprankel van die lewe geleef.

“Ek het haar bewonder in alles wat sy was en vir haar leerders gedoen het. Hoe sy met haar gehoorgestremdheid die kinders onderrig het, het my altyd verstom en nooit het sy dit as n remskoen gesien nie.” 

LEES OOK: Tyd dat daar met erns opgetree word, sê VF Plus ná vrou in aanval op N2 sterf

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article