De Oude Kraal bied smullekker Wêreldbeker-kykgenot

Smul aan die sappigste lamsvleis van agt verskillende skaaprasse op Saterdag se Skaap en Bier Oktoberfest op die De Oude Kraal-landgoed buite Bloemfontein.


Smul aan die sappigste lamsvleis van agt verskillende skaaprasse op Saterdag se Skaap en Bier Oktoberfest op die De Oude Kraal-landgoed buite Bloemfontein.

Dit is ’n heerlike bestemming vir almal wat die Wêreldbeker-rugbytoernooi se spannende finaal tussen Suid-Afrika en Nieu-Seeland in ’n ontspanne atmosfeer wil geniet.

Voor die rugby, kan jy van 16:00 af tussen stalletjies loop en proe aan alles van skaap op die spit en afval tot lamspotjie en baie meer uit De Oude Kraal se voortreflike kombuis.

Mikrobier van onder meer Brew & Still, die Universiteit van die Vrystaat se UFS Kraft Breweries en die bier van Devil’s Peak kan by stalletjies geproe word.

Kom proe heerlike mikrobier by De Oude Kraal se Skaap en Bier Oktoberfest.Foto: Facebook

Cézanne Yzelle en Mario Lategan sal gaste in ’n vrolike stemming kry vir die aand se lekker saamkuier totdat die rugby om 21:00 begin.

Kaartjies kos R495, hoërskoolkinders betaal R250, laerskoolkinders R150 en toegang vir voorskoolse kinders is gratis.

Kaartjies is op die webwerf phoenixpro.co.za beskikbaar.

You need to be Logged In to leave a comment.