Paartjies kan só ’n piekniek wen

Vyf gelukkige paartjies kan elk ’n heerlike Valentynspiekniek by die Oliewenhuis-kunsmuseum wen.


Vyf gelukkige paartjies kan elk ’n heerlike Valentynspiekniek by die Oliewenhuis-kunsmuseum wen.

Ons is almal lief vir piekniek hou en waar dan nou lekkerder as by dié museum op sy groen grasperke?

Vanjaar kry verliefde paartjies weer die geleentheid om in te skryf vir ’n kompetisie waar hulle die kans staan om ’n lekker prys los te slaan.

Al die wenners sal op Saterdag 12 Februarie by Oliewenhuis trakteer word met drankies en ’n ligte middagete-piekniek ter waarde van R500.

Skryf in vir die Valentynspiekniek-kompetisie deur jou inskrywingsvorm af te haal en voor Sondag 6 Februarie om 16:00 af te gee by Oliewenhuis.

Die inskrywingsvorms wat reeds voltooi is, moet in die houer by Oliewenhuis geplaas word – geen e-pos-inskrywings word aanvaar nie.

Oliewenhuis sal op Maandag 7 Februarie die wenners bekend maak en kontak.
Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.