Paastyd kan ondernemings hupstoot gee

Hier is ’n paar wenke vir alle ondernemings wat ’n fokus op die Paasnaweek het om meer verbruikers te lok


Met Paasfees ’n week weg, maak alle besighede van nasionale kruidenierswinkels tot klein tuisnywerhede gereed vir die stormloop voor die langnaweek.

Volgens navorsing wat die Buro vir Marknavorsing (BMR) namens Capital Connect gedoen het, is verbruikers baie meer pryssensitief weens die moeilike ekonomiese omstandighede.

Hier is ’n paar wenke vir alle ondernemings wat ’n fokus op die Paasnaweek het om meer verbruikers te lok:

  •  Diversifiseer jou produkreeks om met ’n groter keuse op te maak vir verbruikers wat huiwerig is om geld op luukse items te bestee.
  • Oorweeg dit om jou handelsure te verleng, indien moontlik, om só meer geleentheid vir verbruikers te skep om jou onderneming te besoek.
  • Stel lojaliteitskaarte of ’n vorm van geldterug-skemas bekend om verbruikers aan te moedig om terug te kom.
  • Oorweeg dit om afslag-gebaseerde bemarking te doen om verbruikers aan te moedig om jou winkel te besoek.
  • Gee vir die verbruiker ’n unieke ervaring – soos ’n spesiale Paasfees-bederfie by ’n koffiewinkel, ’n Paashaas vir die kinders of kook- en bak-klasse om die perfekte Paasfeesmaal voor te berei.
Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.