Padgebruikers gee sug van verligting ná Vereeniging-verlengpad oopgestel is

Nadat daar lank gewonder is oor die oopstelling van die Vereeniging-verlengpad in die suide van Bloemfontein, het werknemers wat in Hamilton werk, vandag sommer heelwat minder tyd bestee om by die werk te kom nadat die brug Woensdagmiddag (17/05) uiteindelik oopgestel is.


Nadat daar lank gewonder is oor die oopstelling van die Vereeniging-verlengpad in die suide van Bloemfontein, het werknemers wat in Hamilton werk, vandag sommer heelwat minder tyd bestee om by die werk te kom nadat die brug Woensdagmiddag (17/05) uiteindelik oopgestel is.

Dit kom nadat die waarnemende burgemeester van die Mangaung-metro, Gregory Ntatisi, aangekondig het dat die brug Vrydag (12/05) om 13:00 amptelik geopen sou word.

Die opening het nie plaasgevind nie en die opening is uitgestel na Saterdag 11:00, maar steeds was daar geen mens in sig om die pad amptelik te open nie.

Intussen is besluit dat die brug Woensdag geopen sou word, maar dat die amptelike plegtigheid eers later sou plaasvind.

Woensdag net ná 12:00 was daar steeds vragmotors wat motoriste se toegang tot die brug oor die spoorlyn en Ferreirapad geblok het, maar teen laatmiddag het mense gesien die pad is wel oopgestel en kon hulle dit gebruik.

In die verlede was daar talle leë beloftes van die metro dat die roete waarop daar in Mei 2021 begin is, oop te maak.

Vroeg verlede jaar met pres. Cyril Ramaphosa se besoek aan die stad en spesifiek die brug, is daar reeds beloftes gemaak dat die roete binnekort oopgemaak sou word.

Daarna moes Centlec nog werk op die brug voltooi. Die projek behels ’n nuwe dubbelweg oor die spoorlyn en nuwe aansluitings na die Ferreirapad onder die brug deur.

Die roete oor die brug wat die suide met OR Tamboweg verbind, is 2,1 km lank.
Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.