Toyota Suid-Afrika Motors het Maandag (28/03) sy kontrak as naamborg van die Toyota Cheetahs met drie jaar – tot 2025 – verleng.
Dié borgskap sluit in die Cheetahs se internasionale kompetisies, plaaslike kompetisies en die Curriebeker-toernooi, asook junior spanne se deelname.
Die borgskap van die naamregte van die Toyota-stadion is steeds ingesluit.