Party veg terug teen Mangaung se voorgestelde tariefverhogings

Die Mangaung-metro se nuwe tariefverhogings tree op 1 Julie in werking en inwoners gaan dan behoorlik hoes.


Die Mangaung-metro se nuwe tariefverhogings tree op 1 Julie in werking en inwoners gaan dan behoorlik hoes.

Die finale begroting word Donderdag (15/06) deur die stad se waarnemende burgemeester Gregory Nthatisi by ’n raadsvergadering ter tafel gelê.

Die voorstelle in die begroting sluit in ’n verhoging van 15% in elektrisiteit.

Dulandi Leech, DA-raadslid en woordvoerder oor finansies in die metro, sê die DA het verskeie voorstelle oor hoe om regverdigheid, bekostigbaarheid en volhoubaarheid vir inwoners te bring.

“Ons stel voor dat daar geen tariefverhoging op eiendomsbelasting is nie, omdat daar verlede jaar ’n dubbele verhoging in tariewe en die waardasierol was,” sê sy.

Die DA stel ook ’n 8%-verhoging in elektrisiteit voor in ag genome die Nasionale Energiereguleerder (Nersa) se baie hoër voorgestelde tariefverhoging van 15% en die bloktariefverhoging.

Leech sê die voorgestelde ’n verhoging van 15% op watertariewe, is bo die inflasiekoers en plaas ’n groot las op inwoners wat ook nog moet betaal vir die metro se waterverliese van R470 miljoen.

“Die DA sê dit is belangrik dat die metro sy begroting baseer op ’n invorderingskoers van 70%. Hierdie benadering sal ’n meer volhoubare begroting tot gevolg hê waarmee voorsien kan word in die behoeftes van die gemeenskap.”

Sy sê die DA se benadering is om te fokus op basiese dienslewering terwyl verkwiste uitgawes beperk word.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.