Inskrywing vir Bloemnuusse Troufoto van die jaar-kompetisie sluit Sondag (31/07).
Paartjies wat in Bloemnuusse lesersgebied woon en sedert Augustus 2021 getroud is, moet hul foto teen dié dag inskryf om die kans te staan om ’n naweek se verblyf op die De Oude Kraal-gasteplaas te wen.
Die laaste inskrywings sal Donderdag (04/08) op Bloemnuusse Facebook-blad geplaas word, waarna die volledige galery met al die inskrywings op Vrydag 5 Augustus sal verskyn. Lesers kan dan vir hul gunstelingfoto in die galery stem.
Die foto’s met die meeste likes sal deur ’n paneel beoordeel word om die wenfoto aan te wys, wat op Bloemnuusse voorblad sal verskyn.
Skryf in deur slegs een foto in jpeg-formaat na bloemnuus@media24.com te stuur, en tik “Troufoto 2022” in die onderwerpveld. Skryf die bruid en bruidegom se name en van of vanne in die e-pos, die datum van die troue, in watter dorp of stad dit plaasgevind het, asook die naam en van of ateljee van die fotograaf.