’n Aartappelslaai is ’n gewilde bykos by enige goeie braaigeselligheid.
Wat sal Erfenisdag Saterdag (24/09) wees sonder ’n lekker romerig aartappelslaai?
B-well Canola Oil het hierdie oulike resep verskaf van ’n pienk aartappelslaai. Bederf jou gaste met aartappelslaai – en onthou om genoeg te maak sodat daar oorskiet is. Niks is lekkerder as die aartappelslaai ná die braai-ete nie.
Hierdie vegetariese aartappelslaai is terselfdertyd romerig en knarserig.
Jy benodig:
- 2 koppies mayonnaise (B-Well Thick & Creamy werk lekker)
- 2 kg aartappels, opgesny, gekook en die skil verwyder
- 1 rooi ui, fyngesny
- 1 koppie rooikool, fyngesny
- 1 koppie pitmielies
- 3 stokkies seldery, opgesny
- 1 stokkie sprietui, fyngekap
- melk (plantmelk as jy dit vegetaries wil hou)
- sout en peper na smaak.
Maak nou so:
Voeg die mayonnaise by die opgesnyde aartappels en voeg ’n bietjie melk by. Voeg die opgesnyde seldery, kool, mielies en rooi ui by en meng versigtig terwyl jy nog melk byvoeg totdat die slaai die regte tekstuur het.
Voeg sout en peper na smaak by.
Versier met vars kruie soos fennel of koljander en verkoel in yskas vir ongeveer vier uur voor dit bedien word.