Dit is nie nodig om ’n Valentyn te hê vir Valentynsdag nie. As jy lief is vir die lewe, musiek, kuier, die natuur en die hemelruim, sal jy die Val-in-Tuin-piekniek op Onze Rust sommer baie geniet.
Almal wat die liefde wil vier, word genooi om op Sondag 6 Februarie ’n mandjie versnaperinge op die grasperk van die Onze Rust-landgoed te geniet.
Musiek sal verskaf word deur Elsabé Raath (altviool), Chris van Zyl (tjello) en Petro Engelbrecht (klavier). Die agtergrondmusiek sal bestaan uit ’n verskeidenheid treffers – van “La Paloma” en die temamusiek van The Godfather tot“A Million Dreams” uit The Greatest Showman.
Ná die musiekvertoning gaan die gehoor verder trakteer word op ’n laservertoning in die sterrehemel, aangebied deur Colin Steyn.
Kaartjies kos R200 en dit sluit ligte versnaperings uit Onze Rust se kombuis, die musiek en sterre-vertonings in. Ekstra eetgoed, wyn, bier en koeldrank sal te koop wees.
Onthou ’n kombers of stoel. Die kuiertjie begin om 18:30.
Bespreking is noodsaaklik en kan gedoen word deur 082-824-5507 te skakel, of stuur e-pos na muzic2create@gmail.com.