’n Plaaslike bier het ’n prys gewen op die brouery en proe-intervarsity wat vanjaar vir die 14de keer aangebied is.
Die Sentrale Universiteit vir Tegnologie (SUT) se broueryspan CUTbrU was tops in die afdeling beste African Wild Ale in die geleentheid wat deur die Suid-Afrikaanse Brouerye (SAB) en die SUT saam met die Sentrum vir Toegepaste Voedselsekuriteit en Biotegnologie (CAFSaB) by die SUT in samewering met die Universiteit van die Vrystaat (UV) aangebied is.
Die kompetisie wat vanjaar in Bloemfontein aangebied is, het dit ten doel om studente opgewonde te kry oor die bierkultuur en die brou van bier.
Die bier is vanjaar volgens ’n nuwe stelsel beoordeel.
Die kompetisie is verlede jaar aanlyn aangebied en die SUT se span was verlede jaar die algehele wenners.
Vanjaar het 12 universiteite in 50 verskillende afdelings aan die kompetisie deelgeneem.