’n Gr. 11-leerling aan die Hoër Meisieskool Oranje is vir die Suid-Afrikaanse o.19-vrouekrieketgroep gekies.

Miané Smit was een van die 18 lede van die groep wat die afgelope week ’n intensiewe oefenkamp bygewoon het, waartydens daar op fiksheid en vaardigheid gefokus is.

Die Suid-Afrikaanse span sou die span van Namibië na verwagting Woensdag (13/07) en vandag in vier T20-wedstryde in Benoni pak.

Dit is voorbereiding vir die volgende T20-wêreldbeker vir o.19-vroue, wat in Suid-Afrika aangebied sal word.

Indien Miané vir die span gekies word, kan sy hierdie week haar nasionale kleure kry.

Sy is die enigste speler uit die sentrale streek wat in die groep ingesluit is.

Miané was in Desember een van die Vrystaat se beste presteerders in die nasionale o.19-toernooi vir meisies en was twee keer die span se voorste kolwer, met prestasies wat ’n kolfbeurt van 54 lopies van 47 balle ingesluit het.

You need to be Logged In to leave a comment.