’n Heerlike dag word voorspel vir vanjaar se Braaidag Saterdag (24/09).
Dit is vanjaar alles wat die lekkerste is van ’n dag: Saterdag, Braaidag, Erfenisdag en sommer ook ’n viering van die somer as ’n mens so na die voorspelling van 32 °C vir Bloemfontein kyk.
As jy verkies om nie vleis te eet nie, beteken dit glad nie dat jy nie ’n lekker gesellige braaigeselligheid kan hou nie.
ProVeg Suid-Afrika sê daar is heelwat alternatiewe vir plantgebaseerde alternatiewe vir rooivleis.
Arleen Nel, kommunikasiebestuurder van ProVeg SA, sê daar is geen beter manier vir Suid-Afrikaners om lekker saam te kuier as rondom ’n vuur nie.
Benewens plantgebaseerde frikadelle en hamburgerfrikkadelle wat jy op die vuur kan gaarmaak, is daar ’n verskeidenheid vrugte en groente soos mielies, sampioene en pynappel wat jy op die vuur kan gaarmaak as deel van jou ete, of as die hele ete.
Hier is ’n eg Suid-Afrikaanse ’n poeding – ’n melktert met ’n verskil. Nuts About Cooking Coconut oil se resep gee ’n vegetariese weergawe van dié geliefde lekkerny:
Bestanddele vir Goue Melktert
Vir die kors
- 1 koppie meel
-
1 teelepel kaneel
-
¼ teelepel gemaalde neutmuskaat
-
’n knypie sout
-
4 eetlepels gesmelte kokosneutolie (Nuts About Cooking Coconut oil)3 eetlepels esdoringstroop (maple syrup) of garingboomstroop
Vir die vulsel
- 2 ½ eetlepels mielieblom
-
3 tot 4 eetlepels esdoringstroop/garingboomstroop
-
2 ½ koppies plantgebaseerde melk soos sojamelk, kokosneut of amandelmelk
-
1 teelepel vanielje-geursel
-
½ teelepel borriepoeier
-
1 teelepel gemmer, fyngekap
-
1 knippie fyn swartpeper
-
1 teelepel kaneel
Maak nou so
Vir die kors
-
Voorverhit die oond tot 180 °C.
-
Sif die meel in ’n groot mengbak en voeg die kaneel, neutmuskaat en sout by.
-
Voeg die stroop by die gesmelte kokosneutolie by en meng alles saam. Krummel die deeg met jou vingers.
-
Plaas die deeg dan in ’n tertpan wat met ’n klewerende middel gespuit is. Druk die deeg plat in die bak en skep ’n randjie rondom die hele bak.
-
Steek met ’n vurk ’n paar gate in die kors.
-
Bak vir 20 minute teen 180 °C. Die kors moet goudbruin van kleur wees. Laat dit afkoel.
Maak nou die vulsel
-
Bring 1 ½ koppie plantgebaseerde melk tot kookpunt en haal van die hitte af. Voeg die vanielje en stroopmengsel in en roer deur.
-
In ’n aparte bak: meng die mielieblom, borrie, kaneel en swartpeper asook die fyn gemmer met een koppie plantgebaseerde melk tot glad.
-
Voeg die mengsel in die pot by die melkmengsel en kook oor lae hitte tot dit begin dik word – dit kan so 3 tot 5 minute duur. Beheer die hitte – die mielieblom is sensitief vir hitte.
-
Wanneer die mengsel verdik het, verwyder van die stoof en laat dit vir ’n paar minute afkoel.
-
Voeg nou die mengsel versigtig oor die kors en strooi kaneel oor.
-
Plaas dit vir ten minste twee ure in die yskas voordat jy bedien.