Die groep was van links, voor: Anel Vermeulen (Lettie Fouché), Rochelle Lennox, Suzca Nolte en Poena du Toit (almal van die Laerskool Pres. Brand)

Personeel wat help met die bemarking by 15 Bloemfonteinse skole het op 27 November ’n produktiewe werksessie by die Laerskool Willem Postma bygewoon.

Dit is die mans en vroue wat hard agter die skerms werk om hul onderskeie skole se beeld uit te dra, gesellighede te reël om geld in te samel vir verskeie projekte – en om nuus oor die skool aan die media te stuur. Benita Jacobs van Willem Postma en Ruan Bruwer van die Hoër Meisieskool Oranje het dié geselligheid gereël.

Daar was nie net sprekers van buite om raad te gee nie; verskillende bemarkers het ook hul ondervinding – die suksesse en uitdagings van nuwe en bestaande projekte – met die groep gedeel.

You need to be Logged In to leave a comment.