Met die Melville 2025, die Suid-Afrikaanse pluimbaltoernooi wat van 11 tot 18 Oktober in Bloemfontein beslis word, word iets spesiaals vir die naweek beplan.

Die publiek kan op Vrydag 17 Oktober, sowel as Saterdag, vertoonwedstryde as toeskouers bywoon − en selfs deelneem en teen ‘n kampioen speel.

Die program in Mimosa Mall begin Vrydag om 09:00, met spel voor ‘n vertoonwedstryd, wat om 10:00 begin.

Caden Kakora in aksie op die pluimbalbaan.

Die publiek kan van 10:30 af in die hoofatrium (voor Foschini) aan allerlei uitdagings deelneem, teen ‘n topspeler meeding en na oefenwedstryde kyk. ‘n Vol program volg tot 16:00.

Die program word Saterdag van 09:00 tot 14:00 voortgesit.

Johan Kleingeld, afrigter en organiseerder van die Melville, sê pluimbal is die vinnigste raketsportsoort in die wêreld. Dit is ‘n ware familiesportsoort en hang geensins van die weer af nie omdat dit binnenshuis gespeel word. Mense van vyf tot 85 jaar kan pluimbal speel.

Die publiek kan die naweek na pluimbalaksie kom kyk en self deelneem en die kans staan om pryse te wen.
Bloemfontein se Nita Scholtz-Albertse is ‘n topspeler wat in aksie sal wees. Foto: Verskaf

Hier is ‘n paar prettige feite oor pluimbal wat jy dalk nie geweet het nie:

  • Die vinnigste hou wat deur ‘n man aangeteken is, was 565km/h;
  • Die vinnigste hou wat deur ‘n vrou aangeteken is, was 438km/h;
  • Die langste sarsie wat spelers aaneen gespeel het, is opgeteken as 211 houe;
  • Die langste wedstryd wat al gespeel is, is opgeteken as 2 uur 41 minute; en
  • Suid-Afrika het al 14 Olimpiese pluimbalspelers opgelewer.

Die publiek word genooi om meer oor dié sportsoort te leer en die nuwe geslag pluimbalkampioene in aksie te sien, asook om die kans te staan op pryse te wen.

Twee die Vrystaat se top-pluimbalspelers is Donderdag 9 Oktober op die Universiteit van die Vrystaat en Novus Media se Sportster van die Jaar-gala-aand vereer. Hulle is van links Caden Kakora en Robert Summers. FOTO: Lientjie Mentz

You need to be Logged In to leave a comment.