Die lyke van twee mans is Maandag in ’n huis in Turflaagte, suid van Bloemfontein, gevind, sê die polisie.
Die lyke van Moeketsi van Breda (20) en Gosiame Makhanya (25) is met steekwonde in verskillende slaapkamers van die huis aangetref.
Die polisie is Maandag omstreeks 08:00 ontbied na die huis, waar hulle op die twee lyke met veelvuldige wonde afgekom het, sê lt.kol. Thabo Covane, polisiewoordvoerder. Die polisie ondersoek twee moordsake.
Enigiemand met inligting oor die moorde kan kapt. Molaolwa Motlhanke by 082 466 7410 of
082 301 6382 bel.
082 301 6382 bel.