Die polisie in Bloemfontein doen ‘n beroep op die publiek om te help om vier gewapende verdagtes op te spoor nadat ‘n selfoonwinkel in Westdene vroeër dié maand beroof is.
Die rooftog het op Donderdag 6 November plaasgevind. Die eerste twee verdagtes het om 09:10 by die Talk2Me Vodacom-winkel in Pres. Steynstraat ingestap en gemaak asof hulle klante is deur met die personeel te gesels. Kort op hul hakke was nog twee verdagtes. Die een het ‘n vuurwapen getoon en die personeel gedwing om na die kombuis te gaan en daar op die grond te lê, waar hul hande met kabelbinders vasgebind is.
Gerda le Roux, eienaar van die winkel, het alles van haar kantoor gesien en agter die lessenaar geskuil, waar sy die paniekknoppie gedruk het.

Lees die berig hier.
Die verdagtes het selfone en skootrekenaars gesteel en van die toneel gevlug.
Die polisie het daarna met ‘n helikopter oor Westdene gevlieg op soek na die verdagtes.
Kol. Ben Bolsiek van die provinsiale eenheid vir ernstige en geweldsmisdade, vra dat enigeen wat inligting oor die misdaad het, hom kontak by 082 466 8530.



You must be logged in to post a comment.