Inwoners van Universitas kla al lankal oor stalletjies in dié woonbuurt wat dwelms verkoop.
Lede van die Parkweg-polisiekantoor het Woensdag 15 November toegeslaan op ’n koswaentjie in Groenewoudstraat langs ’n studentehuis nadat hulle inligting ontvang het dat dwelms daar verhandel word.
Die span het om 14:00 op die waentjie toegeslaan en dit deursoek. Die polisie het beslag gelê op ’n verskeidenheid verpakkings van dagga en kontant is ook gevind en gekonfiskeer.
’n Man (29) is in hegtenis geneem en sal binnekort in die Bloemfonteinse landdroshof op klagte van die handel in dagga verskyn.


