Die hoofekonoom van die Efficient-groep, Dawie Roodt, gesels op Maandag 21 Oktober om 18:00 op uitnodiging van die Werkgemeenskap Vrystaat van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns oor hoe Suid-Afrika se landskap ná vanjaar se nasionale verkiesing lyk.
Hy gaan onder meer gesels oor hoe die verkiesing die land ekonomies, polities en maatskaplik geraak of verander het.
Die geleentheid word by die Naval Hill-planetarium aangebied.
Ná die praatjie word die aanskoulike sterrekunde-rolprent Daar Buite vertoon.
Dit dien as afsluiting van die Werkgemeenskap Vrystaat se jaarlikse aktiwiteite.
Belangstellendes wat die geleentheid wil bywoon, word genooi om voor Vrydag e-pos te stuur na hoffmanl@ufs.ac.za of verterp22@gmail.com.
Gaste word versoek om ’n skenking vir die geleentheid te gee.