Hou ’n paar rand gereed om Engo Vrystaat se 120ste verjaardag te vier deur ’n Omgiepop te koop.
As deel van hierdie viering is dié pop, wat ook op Bloemskou te koop gaan wees, verlede week bekend gestel.
Die Omgiepop is ’n replika van Omgie, Engo se gelukbringer, wat veral by kinders oor die Vrystaat heen bekend is vir baie pret en besoeke aan skole.
Die Omgiepop is simbolies van omgee en word teen R300 verkoop.
Mariana van den Berg van House of Gnomes vervaardig die oulike poppies.
“Elke Omgiepop is uniek en met die hand vervaardig. Die arms en bene kan boonop beweeg,” sê Van den Berg.
Alle wins word direk vir Engo se dienste aangewend.
“Die R300 wat uit die verkoop van elke pop gemaak word, is genoeg om vir een mens basiese etes vir vyf dae te voorsien,” sê De Wet Claassens, uitvoerende hoof van Engo.
Bestel ’n Omgiepop deur ’n e-pos na info@engo.co.za te stuur.