Gemma Hickley (12) van Eunice Primary School en haar ma, Chantelle, bewonder die poppe op die uitstalling.


Sowat 500 poppe van alle uithoeke van die wêreld kon Vrydag (24/06) en Saterdag op ’n uitstalling in die Oorlogs­museum van die Boererepublieke besigtig word.

Meisies en hul ma’s het gestroom na dié uitstalling wat moontlik gemaak is deur die Dolls and Toys-klub, die Oorlogsmuseum en die Nasionale Museum.

Betsie Roux, voorsitter van die Dolls and Toys-klub, sê daar was groot belangstelling en talle mense het die uitstalling bygewoon.

Mense het ook navrae gehad oor hul eie poppe – waarvan sommige iewers in ’n kas gebêre word en besondere versamelwaarde kan hê.

Een van die interessante poppe wat uitgestal is, is die Nelson Mandela-pop genaamd MissDela.

Daar was ook Winky-poppe uit die vroeë 1960’s, half­poppe, besonderse Graaff-Reinet-poppe uit die vroeë 1920’s en selfs poppe van strooi uit die konsentrasie­kampe van die Anglo-Boereoorlog.

Poppe en speelgoed van 19 vroue was deel van die uitstalling “Dolls around the World”.

Benewens poppe was daar enkele interessante speelgoed uit verskillende tydperke.

You need to be Logged In to leave a comment.