Douglas Lindeboom van die Laerskool Willem Postma is as die beste o.11-swemmer aangewys op die Vrystaatse laerskole-swemkampioenskapsbyeenkoms wat op 20 en 21 Februarie by die Hoërskool Sentraal gehou is. Douglas het ook die rekord in die 100 m-vryslag in sy ouderdomsgroep verbeter.
Die swemmers van Willem Postma het 11 goue medaljes, 10 silwermedaljes en 9 bronsmedaljes verower.
Die spanne het 2 goue medaljes, sewe silwermedaljes en drie bronsmedaljes in aflosnommers verower.