Darius Crowther van die Hoërskool Jim Fouché tydens die Suid-Afrikaanse o.15-potspelkampioenskap in Bloemfontein. Foto’s: Lientjie Mentz


Potspelspelers van Noordwes, KwaZulu-Natal, Vrystaat, Gauteng, Wes-Kaap en Noord-Kaap het van 27 Junie tot 1 Julie aan die Suid-Afrikaanse Potspelkampioenskap deelgeneem.

Die kampioenskap is by Tempe beslis.

Deelnemers het in ’n o.18- en o.15-afdeling meegeding.

Darius Crowther, gr. 8-leerling van die Hoërskool Jim Fouché, het 9de geëindig.

Hy is as die Vrystaat se mees waardevolle speler in die o.15-span aangewys.

Darius het ook gekwalifiseer om later vanjaar aan die wêreldpotspelkampioenskappe in Marokko te gaan deelneem.

You need to be Logged In to leave a comment.