Tien finaliste was deel van die kroningsgeleentheid van Mej. Roosknoppie 2022, aangebied deur die Loch Logan-waterfront en Bloemnuus.
Die kroning is Saterdag (05/11) by die waterfront gedoen.
Arthur Browne (V-Models), Noleen Pieterse (Bloemnuus) en Riekie Ramos (Loch Logan-waterfront) was die beoordelaars.
Rianke Bothma (3), dogter van Marthinus en Riana Bothma van Ferreira, is as Mej. Roosknoppie 2022 aangewys.
Haar eerste prinses is Anathi Ntloko (4), dogter van Lumka Ntloko, en die tweede prinses is Leigh-Chen Carelse (4), dogter van Jacquelene en Hector Carelse van Heidedal.
Al die finaliste, asook die wengroep, het pryse ontvang.
Al die Roosknoppies wat vanjaar aan die kompetisie deelgeneem het, kan hul spesiale medaljes by die inligtingstoonbank in die Loch Logan-waterfront gaan afhaal.
Kort ná die kroningsgeleentheid is die Matriekrok-kompetisie van die Loch Logan-waterfront en Bloemnuusaangebied.
Vanjaar se wenner is Beate Hendrikz van die Hoër Meisieskool Oranje. Haar rok is deur die Bloemfonteinse modeontwerper Stanley Baptiste ontwerp.
Die naaswenner is Rachelle Eigenhuis, wat tuisonderrig deur Impaq ontvang. Haar rok is deur Jeylee van Pretoria gemaak. Die derde plek het gegaan aan Elinda Schmidt van Eunice High School, wat ook ’n rok gemaak deur Stanley Baptiste gedra het.
Browne, Pieterse en Helen Borchard was die beoordelaars van die Matriekrokkompetisie.