Pragrok-tentoonstelling maak sy terugkeer

Ná ’n onderbreking van twee jaar bied die Loch Logan-waterfront en Bloemnuus weer vanjaar die Matriekrok van die jaar-kompetisie aan.


Ná ’n onderbreking van twee jaar bied die Loch Logan-waterfront en Bloemnuusweer vanjaar die Matriekrok van die jaar-kompetisie aan.

Meisies kan die rok wat hulle na ’n matriekafskeidgeselligheid dra, inskryf deur ’n foto van hulself met die rok aan na reception@lochlogan.co.za te stuur. Beoordelaars oorweeg hoe die rok lyk, maar ook hoe dit by die meisie en haar persoonlikheid pas.

Skryf in die onderwerpreël van die e-pos: matriekrok 2022.

Voeg die volgende inligting by die foto, wat in jpeg-formaat aan die e-pos geheg moet wees:

  • die meisie se naam en van, skool en graad;
  • na watter matriekafskeidgeselligheid die rok gedra is en die datum van die geleentheid; en
  • toestemming van ouers dat die foto van hul kind op die sosiale media en moontlik in Bloemnuusmag verskyn.

Inskrywings sluit op 28 Oktober om 12:00. Die eindronde met finaliste, wat vooraf aangewys sal word, is op 5 November by die Loch Logan-water­front.

Rig navrae oor die kompetisie by 051-448-3607 en vind meer uit deur ’n e-pos na reception@lochlogan.co.za te stuur.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.