GLEN – Terwyl die polisie se soektog na Onkarabetse Leeuw (5) van Glen buite Bloemfontein voortduur, het die premier van die Vrystaat, Maqueen Letsoha-Mathae, ‘n pleidooi gelewer dat die publiek sal help om hom te vind.
Die vyfjarige seuntjie het op Saterdag 8 November vermis geraak, vier dae nadat sy niggie Katleho Joy Leeuw (3) begrawe is. Katleho was ook dae lank vermis voordat haar verminkte lyk op Saterdag 25 Oktober deur ‘n verbyganger opgemerk is.
Lees ook: Police appeal for help in finding missing five-year-old boy from Glen
Haar oom Kholisiwe Jonas (30) het intussen op 4 November in die Bloemfonteinse landdroshof verskyn op aanklagte van moord en verkragting en is vir waarneming in die Vrystaatse Psigiatriese Kompleks opgeneem.


Letsoha-Mathae sê die trauma van Katlheho se begrafnis is nog vars in die geheue, met dié dat Onkarabetse vermis geraak het. Hy het sy ouers se huis Saterdag omtrent 16:00 verlaat om ‘n pet by ‘n vriend se huis te gaan haal.
Die premier het die publiek versoek om die polisie te help met leidrade wat tot die veilige opsporing van die seun kan lei.
Onkarabetse is laaste gewaar in ‘n grys en swart T-hemp met lang moue, ‘n geel kortbroek en wit “sneakers”. Enigeen met inligting word versoek om in verbinding te tree met kapt. Jeremiah Motaung by 071 682 5093, of om ‘n boodskap op die My SAPS app te los; of die SAPD se Stop Misdaad-nommer, 08600 10111.





You must be logged in to post a comment.