Vrystaatwoning

Vrystaathuis wat vanoggend in ‘n brand beskadig is.
Die hoofhuis van Vrystaathuis, die amptelike woning van die Vrystaatse premier, is vanoggend (23/03) ernstig in ’n brand beskadig.

Sello Dithebe, woordvoerder van die premier, sê die brand het Donderdag omstreeks 10:15 uitgebreek en die eerste verdieping van die hoofhuis is ernstig beskadig.

Dithebe sê die dak van die geskiedkundige huis het ineengestort.

Meer as drie brandweerwaens is gebruik om die brand, wat van ver af gesien kon word, te blus.

Dié huis en die huis van die hoofregter oorkant die straat op die koppie in Happy Valley, is twee besondere bakens in die stad.

Qondile Khedama, woordvoerder van die Mangaung-metro, sê die brandweer was binne sewe minute op die toneel. Die brandweer doen nou ’n ondersoek om te bepaal wat die brand in die ampswoning veroorsaak het.

Inwoners van Bloemfontein word gevra om die huis op die hoek van Happy Valley en Harrysmithstraat te vermy.
p

Die premierswoning is vanoggend ernstig beskadig in ‘n brand.

You need to be Logged In to leave a comment.