Regan Hunter van die Hoërskool Fichardtpark het ’n goue medalje verower vir die beste 3P-telling in die sporterafdeling (1 111 uit 1 200) op die Suid-Afrikaanse Nasionale Skoleskuttersunie (Sanssu) se proewe wat op 22 en 23 April in Bloemfontein gehou is. Hy het ook ’n trofee ontvang vir ’n algehele eerste plek in die 3P en 10 m, sporterafdeling, met ’n telling van 1 458 uit 1 600.


Presteer op proewe

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article