Radio Kalahari Orkes tree op Vrydag 15 Desember in die Aasvoëlklub op.Foto: Verskaf


Almal wat hierdie Desember tuisbly, of net heelwat later na die een of ander vakansiebestemming vertrek, kan na heerlike aktiwiteite hier in Bloemfontein uitsien.

Vrydag 15 Desember

  • Die Bloemfonteinse DBV se Kersliggiefees-Kersprogram begin om 18:00 en duur tot 21:00. Kom kyk na die André Rieu-Kersfeesvertoning op die groot skerm. Toegang kos R30.
  • Slightly Nutty bied van 10:00 tot 18:00 ’n Kersmark aan. Toegang is gratis. Rig navrae aan Jo-Ann Maartens by 076-795-2185.
  • ’n Pretdraf ter viering van die Springbokke wat die Rugbywêreldkampioene vir 2023 is, vind om 06:45 op die Clive Solomon-krieketveld in Heidedal plaas. Inskrywing kos R30, en skoliere kan gratis deelneem. Geld gaan vir ’n niewinsgewende organisasie. Deelnemers word gevra om groen en goud te dra en vlae saam te bring. Inskrywing word van 05:30 af gedoen.
  • ’n Kersmark word van 10:00 tot 19:00 op Die Buiteplaas in Bloemdal aangebied. Die mark gaan voort Saterdag van 10:00 tot 19:00 en Sondag van 10:00 tot 19:00. Daar is kos, musiek en geskenke te koop. Toegang kos R20. Skakel 060-988-8465.
  • Die Radio Kalahari Orkes tree om 20:00 in die Aasvoëlklub op. Kaartjies kos R150. Bespreek deur 084-559-8991 te skakel.

Saterdag 16 Desember

  • Die Bloemfonteinse DBV se Kersliggiefees-Kersprogram begin om 18:00 en duur tot 21:00. Arco Musica bied ’n buitelug-vertoning met country-musiek aan. Toegang kos R30.
  • Die vertoning Cosmic Collissions begin om 17:00 in Afrikaans en om 19:00 in Engels in die Naval Hill-planetarium. Kaartjiepryse wissel tussen R20 en R50 op tickets.computicket.com.

Sondag 17 Desember

  • Die Vrystaat Cheetahs speel om 15:00 teen die Sharks in die Toyota Stadion. Hekke open om 13:00. Die plaaslike musiekgroep JAR tree op by die Castle Deck. Toegang kos R50, en R20 vir skoliere en studente.

Dinsdag 19 Desember

  • Corlea sing om 20:00 in die Aasvoëlklub. Kaartjies kos R150 by Kiki Corner in Langenhovenpark.

Woensdag 20 Desember

  • Ted’s space adventure begin om 14:00 in die Naval Hill-planetarium. Die vertoning is in Engels en Afrikaans. Kaartjiepryse wissel tussen R20 en R50 op tickets.computicket.com.

Vrydag 22 Desember

  • Die Bloemfonteinse DBV vier Kersfees met ’n spesiale gospel-program tydens die Kersliggiefees, van 18:00 af op die DBV se perseel in McGregorstraat, Ooseinde. Veilige parkeerplek is beskikbaar binne die perseel en toegang kos R30.

Saterdag 23 Desember

  • Juwele van die naghemel, ’n aanbieding in die Naval Hill-planetarium, word om 17:00 in Engels en om 19:00 in Afrikaans vertoon. Kaartjiepryse wissel van R20 tot R50 op tickets.computicket.com.

Saterdag 30 Desember

  • Hoe om ’n jaar te meet, ’n aanbieding in die Naval Hill-planetarium, word om 17:00 in Afrikaans en om 19:00 in Engels vertoon. Kaartjiepryse wissel tussen R20 en R50 op tickets.computicket.com.

Donderdag 25 Januarie

  • ’n Suid-Amerikaanse kos-fiesta word deur sjefs Patso Nilokov en Deon Pastor by Rayton Ridgeweg 15 aangebied. Kaartjies kos R578, wat ’n gratis margarita insluit. Bespreek vroegtydig deur ’n WhatsApp na 082-672-6157 te stuur.

You need to be Logged In to leave a comment.