Projek bring gemeenskappe byeen

Die minister van samewerkende regering en tradisionele sake, dr. Nkosozana Dlamini-Zuma, was Woensdag (20/04) in Bloemfontein om die metroraad in te lig oor die nasionale ingryping by die Mangaung-metro.


Die minister van samewerkende regering en tradisionele sake, dr. Nkosozana Dlamini-Zuma, was Woensdag (20/04) in Bloemfontein om die metroraad in te lig oor die nasionale ingryping by die Mangaung-metro.

Dit kom nadat sy, pres. Cyril Ramaphosa, en ander ministers die stad op Saterdag 9 April besoek het om na inwoners se klagtes te luister en Dlamini-Zuma beloof het om ná Paasnaweek die stad weer te besoek.

Die minister van die presidensie, Mondli Gongubele, het op 7 April aangekondig dat die nasionale regering gaan ingryp nadat die munisipaliteit finansiële bestuur- en diensleweringsprobleme ondervind het.

Dit kom nadat die Vrystaatse wetgewer se uitvoerende komitee in Desember 2019 die metro onder administrasie geplaas het. ’n Verpligte finansiële herstelplan is in 2020 op die munisipaliteit afgedwing, maar dit is nie toegepas nie, het Gungubele gesê.

Ramaphosa het bykans R20 miljoen gegee vir die openbarewerke-indiensnemingsprogram waar sowat 1 500 tydelike werkers aangestel is om Bloemfontein reg te ruk. Die werkers met hul oranje oorpakke, het die afgelope vier weke ’n skoonmaakprojek oor die stad heen onderneem.

Dlamini-Zuma het verlede week aan die raad gesê ’n oudit sal gedoen word om vas te stel hoeveel spookwerkers by die metro is.

Sy het gesê staatsgeboue se krag en water mag ontkoppel word as die regering nie vir dienste betaal nie.

Gadija Brown, Vrystaatse LUR vir finansies, het gesê dat die staat­skuld van R1,965 miljard aan die metro nie net dié van die Vrystaatse provinsiale regering is nie, maar ook dié van die nasionale regering.Ramaphosa was weer Saterdag (23/04) in die stad om die nasionale #Letsema-projek in Bloemfontein bekend te stel.

Dié projek, wat gemik is op die bou van sterker gemeenskappe, is Saterdag drie uur lank vertraag weens swaar reën in die stad.

Die ANC het vooraf gesê dat Ramaphosa gaan help om slaggate in Turflaagte te herstel, maar weens die reën kon nie gebeur reën nie.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.