Drie Bloemfonteinse skole het elk ’n skenking ontvang in ’n skole-projek wat onlangs ten einde geloop het.
Klante van Econo Foods het in samewerking met Radio Rosestad die Skole-projek aangebied, waardeur klante en luisteraars skole kon benoem deur hul keuse agter-op ’n inkopiestrokie by Econo Foods te skryf.
Die Laerskool Jim Fouché, die CVO Skool Dankbaar en die Martie du Plessis-skool het danksy dié projek op ’n geselligheid op 16 November elk ’n koopbewys van Econo Foods in ontvangs geneem.