Die Manaung-ovaal waar Engeland Vrydag (27/01) en Sondag teen die Proteas speel. Foto: Lientjie Mentz


Krieketliefhebbers gaan dié naweek ’n fees van krieket hê wanneer die Engelse krieketspan twee uit drie internasionale eendagwedstryde in Bloemfontein speel.

Die Proteas kon nog nooit ’n Engelse krieketspan in Bloemfontein wen nie. Engeland het in 1996 in ’n eendagwedstryd teen Suid-Afrika gewen met 5 paaltjies, in Januarie 2000 gewen met 9 paaltjies en op 2 Februarie 2005 was die uitslag gelykop. Engeland het op 3 Februarie 2016 met 39 lopies gewen.

Die derde wedstryd in die reeks vind Woensdag (01/02) in Kimberley plaas.

Kaartjiepryse is R250 en R150 vir kinders.

Daar is spesiale pakette vir die hele gesin beskikbaar. Kaartjies van R1 000 vir twee volwassenes en twee kaartjies vir albei wedstryde by die Bloemfontein-ovaal is slegs tot Donderdag (26/01) by die stadion beskikbaar.

Ander pakette is R400 vir albei wedstryde en R200 vir albei wedstryde vir kinders.

Die hekke open Vrydag om 11:00 en die wedstryd begin om 13:00. Sondag open die hekke om 08:00 en die wedstryd begin om 10:00.

Gewone kaartjies is beskikbaar op ticketpros.co.za.

You need to be Logged In to leave a comment.