Met blydskap kan ek vermeld dat die noorde van Bloemfontein in 2021 ’n hele 1 085 mm reën gehad het.
Desember se 241 mm het die jaarlikse syfer die 1 000 mm-kerf laat oorsteek.
Sedert 2019, toe 859 mm gemeet is, was ons reënval nog elke jaar ver bo Bloemfontein se jaarlikse gemiddeld van 560 mm.
In 2020 is 1 123 mm reën gemeet.
Damvlakke
Danksy die goeie reënval is damme in die Vrystaat vol.
Teen Woensdag (12/01) het die damvlakke soos volg gelyk:
- Gariepdam: 104%
- Vanderkloofdam: 105%
- Allemanskraaldam: 103%
- Tierpoortdam: R101%
- Krugersdriftdam: 107%
- Sterkfonteindam: 101%
- Bloemhofdam: 104%
- Knellpoortdam: 95%
- Welbedachtdam: 100%
- Rustfonteindam: 100%


