Die Mangaung-metro is verplig om vergaderings te hou waarop openbare deelname in die ontwikkelingsplanne van die metro bespreek word.

Lede van die publiek wat nog bydraes wil lewer, moet dit voor Maandag (28/02) indien.

Op die vergaderings wat sedert 7 Februarie oor die stad heen gehou is, is daar na die stad se geïntegreerde ontwikkelingsplan en ander toepaslike dokumente gekyk.

Vergadering vir wyk 20, 21, 22, 44 en 48 is vanaand (24/02) om 18:00 in die Eeufeessaal van die Hoërskool Sentraal en dié vir wyk 18, 19, 28, 24, 25 en 26 Vrydag (25/02) om 18:00 in die stadsaal.

Vir meer inligting hieroor gaan na mangaung.co.za.

You need to be Logged In to leave a comment.