Len-Douglas Mac Kay van die Hoërskool Jim Fouché is vir die Suid-Afrikaanse mensereddingspan gekies waaruit die span vir die wêreldmensereddingskampioenskap in September gekies gaan word.
Hy het op 26 Februarie aan die Suid-Afrikaanse mensereddingskampioenskapsbyeenkoms in die Vaaldam deelgeneem. Hy het in die binnelandse afdeling vir seuns o.17 gewen en was in dié ouderdomsgroep eerste in die oopwater-afdeling.