Rioolprobleme is oral in Bloemfontein ’n reuse-probleem.Foto: Verskaf


Boodskappe van lekkasies en rioolwater wat in Bloemfontein se strate af vloei, stroom in na raadslede terwyl inwoners kla dat hulle nie hulp van die Mangaung-metro kry nie.

Dirk Kotze, die DA se adjunk-voorsitter van die Mangaung-koukus, sê dié metro verkrummel onder die groeiende agterstand in die regmaak van water-lekkasies en rioolprobleme.

“Die metro het in die vorige geldjaar R406 miljoen verloor weens gebarste waterpype en lekkasies,” sê hy.

“Die metro het ’n tender gepubliseer vir die verskaffing van professionele ingenieursdienste vir ’n periode tot 30 Junie 2025. Die DA het kennis geneem dat 217 kontrakteurs wat loodgieters-dienste en konsulterende ingenieurs insluit, einde Julie vanjaar goedgekeur is. Dit is die verlenging van sekere kontrakte sowel as nuwe aanstellings. Steeds is reaksie op probleme stadig.”

Kotze sê die agterstand wat water-lekkasie en gebarste pype betref, is nou ongeveer 1 100 met ongeveer 814 riool-blokkasies waaraan aandag gegee moet word. “Dit word by die dag erger.”

Kotze sê die agterstand wat water-lekkasie en gebarste pype betref, is nou ongeveer 1 100 met ongeveer 814 riool-blokkasies waaraan aandag gegee moet word. “Dit word by die dag erger.”

Kotze sê die spanne van water en sanitasie sê hulle het nie genoeg mense om na al die insidente wat aangemeld word, te gaan nie en dit is nog moeiliker met geen kontrakteurs wat kan help nie.

Hy sê ’n ander groot probleem is dat daar nie behoorlike kontrole is oor die werk wat gedoen word nie.

Itumeleng Mokotedi, die algemene bestuurder van die departement water en sanitasie neem nou waar as departementshoof nadat Wallace McLeod, een van die ingrypingspanlede, die kantoor verlaat het.

Die DA het die metro vroeër die jaar by die Menseregtekommissie en die Groen Skerpioene verkla omdat die metro nie na sy skaars waterbronne omsien nie en ook nie aandag gee aan die rioolprobleme in die stad wat ’n teelaarde vir cholera kan wees nie.

Kotze sê die DA het die waarnemende uitvoerende burgemeester, Gregory Nthatisi, reeds op 31 Julie gevra om oor die saak te vergader.

“Ons het verskeie kere opgevolg. Ons as DA het voorstelle en planne om dienste te verbeter, maar steeds kan ons nie daarin slaag om so ’n vergadering met hom te kry nie.”

You need to be Logged In to leave a comment.