Radionetwerk bevorder veiligheid in Pellissier

’n Nuwe radionetwerk met 15 radio’s om veiligheid in Pellissier te bevorder, is Saterdag op die woonbuurtvereniging Trots Pellissier se jaarlikse ekspo bekend gestel.


’n Nuwe radionetwerk met 15 radio’s om veiligheid in Pellissier te bevorder, is Saterdag op die woonbuurtvereniging Trots Pellissier se jaarlikse ekspo bekend gestel.

Die ekspo met interessante stalletjies en onder meer interessante voertuie is by die Laerskool Pres. Brand aangebied.

Trots Pellissier se eerste ope dag is verlede jaar aangebied en het tot ’n groter ekspo uitgebrei.

Uitstallings wat te make het met watertenks, sonpanele, viertrekvoertuie, mediese nooddienste, loodgieters, alarmstelsels, hekmotors en verskeie ander was te sien.

“Trots Pellissier het duidelike doelwitte vir die woonbuurt wat insluit: netheid, veiligheid, verbetering van die woonbuurt en ’n harmonieuse omgewing. Enige woonbuurtvereniging kan slegs suksesvol wees as daar samewerking en betrokkenheid van inwoners is,”

Die Bloemfontein-sweeftuigklub het gespog met een van sy sweeftuie en so ook die Universiteit van die Vrystaat (UV) met sy sonkragvoertuig wat onlangs aan die Sasol-uitdaging deelgeneem het.

Lede van die Central Radio Flyers se radiobeheerde vliegtuie en helikopters is ook uitgestal.

Recon Tactical het sy unieke radionetwerk bekend gestel aan Pellissier se inwoners en lede van Trots Pellissier. Hierdie netwerk is in werking gestel om Pellissier veiliger te maak en misdaad hok te slaan. Die netwerk is reeds suksesvol aangewend in voorkoming van misdaad.

By die Universiteit van die Vrystaat se sonkragvoertuig is van links Lucas Erasmus, prof. Koos Terblans, dr. Hendrik van Heerden en Karen Cronjé.

Nico Gerber, voorsitter van Trots Pellissier sê die vereniging reël jaarliks ’n spesiale dag om verhoudinge met die gemeenskap uit te bou en nuwe ondernemings aan inwoners bekend te stel.

Nie-bederfbare kos is vir Radio Rosestad se Gee-projek ingesamel.

“Trots Pellissier het duidelike doelwitte vir die woonbuurt wat insluit: netheid, veiligheid, verbetering van die woonbuurt en ’n harmonieuse omgewing. Enige woonbuurtvereniging kan slegs suksesvol wees as daar samewerking en betrokkenheid van inwoners is,” sê Gerber.

“Ons glo dat ons met die ekspo verhoudinge gebou het en ’n groot treë vorentoe gegee het. Ons is dankbaar vir al ons inwoners, borge, verskaffers en vriende se betrokkenheid,” het hy na afloop van die ekspo gesê.

Pierre Fouché by sy J10 en ander modelvliegtuie.
Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.