Rally se sukses laat nog een vlamvat

Geld is op ’n prettige manier ingesamel vir die Glen-brandsektor met ’n Boere Rally wat op 13 Augustus by Be Human op die plaas Middelwater aangebied is.


Geld is op ’n prettige manier ingesamel vir die Glen-brandsektor met ’n Boere Rally wat op 13 Augustus by Be Human op die plaas Middelwater aangebied is.

Daar het 16 spanne in voertuie, waarvan een ’n ou Datsun-bakkie was, deelgeneem.

Op ’n roete moes die spanne verskillende aktiwiteite voltooi en vrae oor die roete antwoord. Van dié aktiwiteite was dat die span ’n sak voer om ’n pakhuis moes dra en om plaaswerktuie uit te ken. Spanne moes ook die water aandurf in ’n ysbeerswem.

Die laaste, en moontlik prettigste aktiwiteit van die dag, was Fear Factor waar van die deelnemers onder meer kriek- en kakkerlakkoekies, beespens en habanero-rissies moes eet.

Die Ghost Riders is as die wenspan aangewys en het die roete in 2 uur en 3 minute voltooi.

Die dag se verrigtinge is met ’n vertoning deur Jan Rhaap afgesluit.

Lizel Smith van die Mangaung-brandbestrydingsvereniging (MAFPA) sê die Rally was so ’n groot sukses dat daar reeds beplan word aan een vir volgende jaar, op 6 Mei.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.