Met skenkings wat nog tot Desember vir die Kersfonds gedoen kan word, kan geregisteerde niewinsgewende organisasies nou aansoek doen om ‘n bydrae uit die fonds te kry.
Die Kersfonds, wat jaarliks aansoeke goedkeur waarvolgens noodsaaklike hulp verleen word, het ten doel om die gemeenskap te help.Die oogmerk is voorsiening in lewensnoodsaaklike behoeftes van individue.
Geregistreerde niewinsgewende organisasies wat in die verlede aansoek gedoen het om geld uit die Kersfonds − asook organisasies wat nog nooit geld ontvang het nie, maar geregisteer is en ‘n spesifieke behoefte het − kan tot 28 November aansoek doen.
Danksy skenkings en ‘n goeie bydrae deur die vrywilligers wat veilings ten bate van die Kersfonds aanbied, is vanjaar al sowat R230 000 ontvang.
Die groep vrywilligers het in samewerking met Bainsvlei-afslaers vanjaar al sowat R27 467 tot die fonds bygedra.
Sien op bloemnuus.co.za ‘n lys van die individue, ondernemings en kerke wat tot dusver tot die fonds bygedra het.
Lesers word genooi om in die volgende maande skenkings te doen om die fonds ‘n goeie hupstoot te gee om hulp in die Vrystaat en Noord-Kaap te bied daar waar dit benodig word.
Skenk deur ‘n inbetaling te doen by die volgende Nedbank-rekening: Volksblad-Kersfonds, 102 891 9980, takkode 117 134.
Stuur hierna ‘n bewys van die inbetaling na, en rig ook alle navrae oor aansoeke aan, annemarie@engo.co.za, of bel Anne-Marie Nel by 051 407 7223.





