Raymond Ackerman is Woensdag in Kaapstad oorlede. Foto: Verskaf


Die stigter en afgetrede voorsitter van Pick n Pay, Raymond Ackerman (92), is Woensdag by sy huis in Kaapstad oorlede.

Ackerman het Pick n Pay in 1967 saam met sy vrou, Wendy, gestig nadat hulle vier winkels in Kaapstad gekoop het. Vandag is daar meer as 2 000 winkels van oor Suid-Afrika en ander Afrika-lande heen.

Hy het in 2010 uit die raad van Pick n Pay bedank en hy en Wendy het daarna erepresidente van die firma geword. Hy was tot nou steeds aktief in Pick n Pay se gemeenskapsprojekte betrokke.

Sy pa het die klerewinkel Ackermans ná die Eerste Wêreldoorlig begin.

Die oorsaak van sy dood is nie bekend gemaak nie.

Hy laat Wendy, hul kinders Garteth, Kathy, Suzanne en Jonathan, 12 kleinkinders en 4 agterkleinkinders agter.

You need to be Logged In to leave a comment.