Wie verwag twee buie reën in Junie in Bloemfontein? Dit gebeur nie aldag nie.
Tog was dit vanjaar die geval.
Eers is 2 mm gemeet in die noorde van die stad en toe ’n hele 33 mm.
Tel hierdie 35 mm by die 606 mm tot dusver vanjaar en ons jaartotaal staan op ’n verbasende 641 mm – vir 2022 se eerste halfjaar.
Genade op genade.