Vier welkome buitjies het in Oktober in die noorde van Bloemfontein geval, wat altesaam 40 mm opgelewer het.
Nou staan die gesamentlike reënval vir die tien maande van 2022 op 707 mm.
Dit is bloot genade op genade, veral aangesien hierdie deel van Bloemfontein meestal sagte reën gehad het.
– Stoffel Cilliers