In April is 73 mm se sagte reën in die noorde van Bloemfontein aangeteken.

Die totaal vir die jaar staan nou op 419 mm.

Dit is heelwat meer as die gemiddelde vir Bloemfontein van Januarie tot April, wat 322 mm is.

In April 2022 is 219 mm aangeteken.

Hoewel herfs feitlik verby is, het ons nog elke maand goeie reën gehad.

Ons sal maar moet sien wat Mei inhou, hoewel ’n geval soos Vrydag (28/04) se storm oor die stad dalk in dié maand kan herhaal.

Nog vars in die geheue is ’n paar jaar gelede, toe ons vier maande ná mekaar geen reën gehad het nie.

Stoffel Cilliers

You need to be Logged In to leave a comment.