
Die Hoër Meisieskool Oranje se eerste hokkiespan het in sy eerste vyf wedstryde reeds getoon hy is gerat vir dié jaar se seisoen. Die span het die naweek in ’n toernooi in Bethlehem 53 doele aangeteken en 0 afgestaan in vyf wedstryde. Dit het seges oor The Wykeham Collegiate, St. Anne’s, Transvalia (almal met 10 – 0), St. John’s (12 – 0) en Sasolburg (11 – 0) ingesluit. Hier is Elné Lourens in aksie. Foto: Verskaf