Met die oog op die WildsKOSfees, wat op 4 Junie aangebied word, verskaf Marie Lombard ’n lekker resep wat lesers tuis kan probeer.

Sy sê wildslewersmeer is maklik om te maak.

“Hoe groter die boksoort se lewer, hoe lekkerder is die gereg.”

Bestanddele

 1 kg wildslewer, sening en vel verwyder
500 g hoenderlewer

500 g spek

100 g botter

5 ml sout

 2 ml peper

 3 ml braaispeserye

15 ml brandewyn

Maak só

Braai die wildslewer en hoenderlewer saam met botter en spek tot bruin.

Versap dit saam met die sout, peper, braaispeserye en brandewyn.

Indien nodig, verdun met ’n bietjie water of room. Proe en voeg nog sout by indien nodig.

Giet die versapte lewer in houers. Smelt botter en giet dit in ’n dun lagie bo-oor.

Verkoel in yskas.

) Kaartjies vir die fees kos R550, maar spesiale kaartjies – wat toegang tot fynproewergeregte bied – kos R950. Kaartjies is by Crazy Daisy in Fleurdal Mall en Daisy & Co. by Prellerplein beskikbaar. Dit kan ook by De Oude Kraal bekom word deur 051-564-0733 te skakel.

You need to be Logged In to leave a comment.