n Geldinsameling om toerusting te koop vir Die Glen-brandsektor se brandbestrydingspan, word bied op 13 Augustus die Glen Boere-rally en boeresportdag by Be Human, op die plaas Middelwater aan.aangebied

Dit is nou die seisoen vir veldbrande en voorbrande moet gemaak word om te keer dat duisende hektaar weiveld weer in die Glen-omgewing afbrand soos verlede jaar.

Liezel Smit, direkteur van die Glen-gemeenskapsforum, sê dit is hoekom geld op dié dag ingesamel word om boere en vrywilligers te help met toerusting om veldbrande te keer.

“Ons doel is om R50 000 met dié geleentheid in te samel. Ná al die skade wat verlede jaar aangerig is, wil ons op hierdie manier teruggee aan die gemeenskap”, sê Smit.

Spanne met ’n minimum van twee lede sal op die dag aan ’n boere-rallyrally (resies) deelneem. Die spanne moet ’n roete met ’n voertuig, donkiekar of riksja aflê en sekere aktiwiteite langs die roete verrig. Inskrywings vir die resies is R200 per persoon wat ’n kaartjie vir die vertoning insluit.

Toeskouers is welkom en betaal R20 en kinders korter as 1 m betaal R10.

Kaartjies vir die vertoning van Jan Rhaap om 19:00, kos R100. Hekke open om 17:00 met gaste wat op ’n groot skerm die rugbywedstryd tussen die Sprinbokke en die All Blacks kan kyk.

  • Vir kaartjies en navrae bel Smit by 065-738-0746. Twee lesers staan elk die kans om kaartjies vir die vertoning van Jan Rhaap te wen. Om in te skryf, besoek Bloemnuus se Facebook-blad.

You need to be Logged In to leave a comment.