Tegnici werk nou om te kyk na die gehalte van kraanwater in dele van die noorde van Bloemfontein.Foto: Unsplash


Inwoners in dele van die noorde van Bloemfontein, kla dat die kleur en reuk van kraanwater vreemd voorkom.

Qondile Khedama, woordvoerder van die Mangaung-metro, sê die water is veilig vir gebruik.

Hy sê die kleur van die water en die onwelriekende reuk word deur geosmien veroorsaak.

Geosmien is ’n organiese verbinding met ’n kenmerkende reuk, soos dié van varsgeploegde grond of modder, wat geproduseer word deur mikroörganismes wat in grond, op verrottende materiaal en op alge leef. Dit hou geen bedreiging vir mense se gesondheid in nie.

Khedama sê ’n tegniese span ondersoek die water in Westdene, Noordhoek en Arboretum.

Hy sê die verkleuring van die water en onwelriekende reuk word veroorsaak deur hoë temperature.

“Dit kan van tyd tot tyd gebeur dat geosmien in die water voorkom weens onderhoudswerk of as gevolg van die veroudering van die metro se infrastruktuur.”

You need to be Logged In to leave a comment.