Weens die swaar reën wat Maandagmiddag oor Bloemfontein uitgesak het, het Centlec talle oproepe by die oproepsentrum oor kragprobleme.
Die metro het ekstra spanne ingespan om klagtes te hanteer.
Rig klagtes by die nommers 086-007-6937 of 051-409-2345.
Rig skriftelike klagtes by Centlec se Whats App-nommer 071-139-5968.
Wanneer boodskappe aan die Whats app-nommer gestuur word, verskaf die volgende inligting: wat die fout is, naam van klant, telefoonnommer, ID-nommer, meternommer, woonbuurt, straatnaam en huisnommer.


